Dankie, Kobus!

Dr Kobus Gerber, Algemene Sekretaris, tydens die afsluitingsdiens van die Algemene Sinode. Dit was Gerber se laaste Algemene Sinode voordat hy einde November emeriteer. Kort voor die einde van die vergadering is daar ‘n herdenkings- en huldigingsboek aan hom oorhandig met foto’s en briewe van talle mense wat die afgelope tyd met hom saamgewerk het.